ONS HELP KINDERTJIES OM DAARDIE

Dapper en Kragtige Eerste Treë te neem. 

VAN STOOTWAENTJIE TOT GRAAD R

KAN JY ONS VERTROU

 
Screen Shot 2019-04-23 at 1.41.06 PM.jpg
 

ONS FILOSOFIE 

 
 

Ons glo elke kindjie het reg op die hoogste gehalte opvoeding deur ‘n spesialis kleinkind-opgeleide kleuterskoolonderwyseres. Dit is waarom by Boempie, ons slegs baba- en kleutergekwalifiseerde opvoeders aanstel wat elke ontwikkelingsfase van jou kind ken. In ons kern weet ons hoe om kinders te lei van dit wat hulle alreeds ken om nuwe kennis hul eie te maak deur gebruik te maak van hulle kenmerkende nuuskierigheid…

 
 

‘n Plek om te Speel en te Groei

 

Ons lief en respekteer elke kind se individualiteit en sodoende bemagtig ons hulle om hul volle potensiaal te verwesenlik. By Boempie verskaf ons professionele informele onderrig, wat julle kinders toelaat om hul verbeelding en innerlike intellektuele hulpbronne te gebruik om toegang te kry tot hul hoogste kreatiewe potensiaal. Die resultaat van hierdie benadering is ‘n met bewondering gevulde kind, wat daartoe lei dat grootmense ook met bewondering gevul raak! Kinders verbaas mens met dit waarmee hulle vorendag kom as hulle ‘n soliede fondasie het vanwaar hulle hulself kan uitdruk!

 
 

‘n Huis Weg van die Huis

 

Ons weet hoe besig julle as ouers is; dus  is dit ons topprioriteit om julle die gemoedsrus te gee dat julle kinders die hoogste vlak van veiligheid beleef in ‘n omgewing waar hulle op ‘n gesonde manier kan leer, deur spel.